"Jesus kyk vir jou!" Dit is die strooihalm waarna ek gryp. 'n Roekelose vermaning wat ek voor die huis uitskree. Jy sou ook angstig raak. Benjamin, met 'n hand propvol klip-en-sand tel spoed op in my rigting. Hier kom die moddermannetjie. Koes! Maar wag, hy staan ook stil. Catch 22. Sy oë dans vol duiweltjies, … Continue reading Handvol gruis
Benjamin (3 jaar)
Selly kondig dit die hele dag op 14 Januarie aan. "Benjamin, jy is nou drie jaar oud!" Jy, effe afgehaal. "Waar is my twee en 'n half dan?" Ai Benjamin, jy sê die oulikste goed. En soms hoor ons jy sing 'n deuntjie, af in die gang, wat ons van g'n kant af ken nie. … Continue reading Benjamin (3 jaar)
Yua (een mensejaar)
Dit lyk of iemand jou geteken het, merk ek sommer so losbek nou die dag op. Die bollings van jou wangetjies is geskets met 'n geoefende HB-potlood, en die buitelyn van jou lyfie sê vir my die kunstenaar was in 'n lekker bui. Net soos 'n goeie kunswerk betaam smelt die lewe se skerp hoeke … Continue reading Yua (een mensejaar)
Miss Benson’s Beetle
"Rachel Joyce made me laugh out loud, then weep for the battered majesty of ordinary human beings"Bel Mooney, Daily Mail Die beste boeke is die wat jou vind, nie andersom nie. Dit is 'n boek wat aan jou gegee word, ja, maar dit vind ook sy weg na jou toe op ander maniere. Die regte … Continue reading Miss Benson’s Beetle
Hulpkreet uit suburbia
So scroll ek weer iets op die Bloemfontein Mammas groep raak. Anonieme hulpkrete uit suburbia. Daar is enige iets van borsvoed-krisisse tot tandekry dilemmas. Anderdag soek iemand 'n divorce lawyer. Lees ek my swangerskaptoets reg? Wie in Bloemfontein diens 'n sonbed? Die jongste een is net plein sad. Ek kan haar hoor, en sien. Kan … Continue reading Hulpkreet uit suburbia
Twee en ‘n half vir Benjamin
Voor hierdie huis is 'n enamelskottel vol grond en gesiggies. Selfs die tuinwerker is soos iets uit 'n boek. Sy geel trui span om sy Kersvadermaag en hier en daar is 'n gaatjie, maar hy glimlag vriendelik met 'n gleuf tussen sy tande.
Fees van die genooide
Ek is gesê om jou te vertel van Saterdag*. Hoewel dit haas onmoontlik is om die mistieke met 'n versameling van letters uit die alfabet weer te gee, glo ek dit is my werk om te probeer (al gaan ek heel waarskynlik hierdie stuk later uitvee). So terwyl die cursor onverpoosd voort flikker, gaan ek … Continue reading Fees van die genooide
Yua (10 mnde)
Dit val my nou die dag by toe ek na jou kyk. Skielik het ek dit geweet; niemand op hierdie aarde word met 'n jammerlike gees gebore nie. Skaamte en verdrukking is iets wat ons later in die lewe soos 'n hartseer kleed aantrek. Maar jy neem jou ruimtetjie volledig in beslag en jy laat … Continue reading Yua (10 mnde)
Die bloed het gevloei
Hy hou nie van daardie woord nie, "vloei". Maar die jong paramedikus moes woorde gebruik wat by die nooddienste se standaard uitvoerprosedures pas. Daar was geen ruimte vir kreatiwiteit nie. Hy het 'n suurstofsak gedruk en sy kollega het 'n pasiënt se bors gepomp. Een, twee, drie. Geen reaksie nie. En toe, 'n fladdering … Continue reading Die bloed het gevloei
Optelgoed
Sy probeer tevergeefs om verby die vrou se weerkaatsing, anderkant die donker treinvenster te kyk. Tydskrif-wangbene omring deur 'n krullebos wat saam met die duisternis smelt. In 'n ander klas. Bruin porseleinvel. Daar was 'n tyd dat sy ook so 'n soel vel gehad het, dink sy, en vryf oor 'n nuwe rofie op haar … Continue reading Optelgoed